WEST COAST FAMILY CARE CENTRE
VOEDSEL GEE LEWE PROJEK – GEE DIE BEHOEFTIGES EN ARMES KOS
Ons is `n nie-winsgewende, nie rasistiese, gemeenskaplike organisasie wat minderbevoorregte kleuterskool kindertjies, mishandelde babatjies, laerskool kindertjies en pensionarisse kos gee. Ons ontvang geen finansiele hulp van die regering.
Ons voorsien al hierdie minderbevoorregte kleuterskool kindertjies, mishandelde babatjies en laerskool kindertjies van `n gesonde en voedsame ontbyt, middagete en aandete op `n daaglikse basis.
Vir die meeste van hierdie babatjies en kindertjies is dit die enigste voedsel wat hulle vir die dag ontvang.
Ons doel is om vir elkeen van hierdie babatjies en kindertjies `n gesonde ontbyt, `n gesonde voedsame middagete en `n gesonde voedsame aandete te gee. Ons glo dat `n gesonde liggaam is gelyk aan `n gesonde voedsame ontbyt, middagete en aandete.
Voedingskemas by die kleuterskool, veiligheids-huis en laerskole wat die Weskus Familie Sorg Sentrum ondersteun:
Twinkle Little Star Crèche in Fisantekraal: 40 minderbevoorregte kleuterskool kindertjies vanaf baba tot 5 jaar oud
Ray off Sunshine house (safe house) in Klipheuwel: 15 mishandelde en verlate (weggooi) babatjies
Vredenburg Laerskool in Vredenburg: 30 minderbevoorregte laerskool kindertjies
St Andrews Laerskool in Saldanha: 50 minderbevoorregte nasorg/laerskool kindertjies
Dit kos ons R500-00 per maand en R6000-00 per jaar om een verlate (weggooi) en mishandelde babatjie, minderbevoorregte kleuterskool kindjie en laerskool kind drie etes te voorsien op `n daaglikse basis. Voedingskema by Die Herberg Tehuis in Bellville wat die Weskus Familie Sorg Sentrum ondersteun:
Daar is 30 oumensies wat daar bly. Hulle ontvang `n staats pension van R1050-00, en betaal huur (uitsluitend water en elektrisiteit) dan het hulle R150-00 oor waarvan hulle moet lewe.
Die Weskus Familie Sorg Sentrum voorsien `n kospakkie vir twee oumensies van R500-00 op `n maandelikse basis.
Ons benodig ook `n mini bus/taxi om die oumensies kliniek toe te neem, asook om die kinders en babatjies op uitstappies te neem. Kliente is ook meer as welkom om by ons kantoor `n koppie tee te drink, en ook die sopkombuise te besoek.
Ons BEE valuering is 95.0% vir minderbevoorregte kinders en mishandelde babatjies
LEVEL 4
Valuering vir BEE:
95% Swart
5% Kleurlinge, Blankes, Afrikaners, Indiers en Chinese
Die fondse wat ingesamel word, word soos volg versprei: (volgens die konstitusie van `n NPO organisasie)
80% gaan vir die behoeftiges en armes
20 % kantoor uitgawes
Dankie vir u ondersteuning.
Vriendelike Groete
CEO - WEST COAST FAMILY CARE CENTRE
LLARA-ANN MOSTERT
.
OFFICE PERSONAL:
CEO :LLARA DRIVER:GEORGE